suiwer [boodskap #129195] |
So, 12 Januarie 2020 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suiwer
Afbreking: sui•wer
Werkwoord: suiwer
Verlede tyd: het gesuiwer
Betekenis:
• Skoon en helder maak; van smet bevry; reinig.
Gebruik:
• Suiwer die water voordat jy dit drink.
Afgelei:
• suiweraar
• suiwering
Vertaling:
Engels: to purify, clean, cleanse
Nederlands: zuiveren
Byvoeglike naamwoord: suiwer
Vergrotende trap: suiwerder
Oortreffende trap: suiwerste
Attributief: suiwer, suiwere
Intensief: kristalsuiwer, glassuiwer
Betekenis:
• Wat skoon en helder is; onbesoedeld.
• Wat sonder foute is.
Gebruik:
• Die water is suiwer. Sy het 'n suiwer stem.
• Mens moet probeer om jou taal suiwer te hou.
Spreekwoord:
• Dis nie alles suiwer daar nie. [Dis nie alles pluis daar nie.]
Antoniem:
• onsuiwer
Vertaling:
Engels: pure, clean, neat
Nederlands: zuiver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|