Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skietgat
skietgat [boodskap #129192] So, 12 Januarie 2020 07:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20800
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skietgat in die muur van 'n ou kasteel.
'n Skietgat in die muur van 'n ou kasteel.
skietgat
Afbreking: skiet•gat
Samestelling: skiet + gat


Selfstandige naamwoord: skietgat
Meervoud: skietgate
Verkleinwoord: skietgaatjie
Meervoud van verkleining: skietgaatjies

Betekenis:
• Gat waardeur geskiet word (wat beskutting aan die skut verskaf); opening in 'n verdedigingsmuur.
• Gat wat deur die afskiet van 'n vuurwapen ontstaan.
• Die deel van 'n skietbaan reg agter en onder die teikens.

Gebruik:
• Die soldaat druk die loop van sy geweer deur die kasteel se skietgat.
• Die kamer se muur is vol skietgate.
• Dit tyd dat ons weer by die skietgat uitkom vir 'n oefensessie.

Sinoniem:
• skietopening
• koeëlgat
• skietbaan

Vertaling:
Engels: embrasure, crenel, loophole, shot‐hole; bullet hole; shooting range, shooting gallery
Nederlands: schietgat; schietbaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: student
Volgende onderwerp: styf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 09:13:48 MGT 2024