Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stroop
stroop [boodskap #129188] Sa, 11 Januarie 2020 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stroop
Afbreking: stroop
Uitspraak: /strəʊ̯p/


Selfstandige naamwoord: stroop
Meervoud: strope
Verkleinwoord: stropie
Meervoud van verkleining: stropies

Betekenis:
• 'n Dik, soet vloeistof (soos heuning) wat 'n mens kan eet.

Gebruik:
• Hy hou van wafels met stroop.

Spreekwoord:
• Hy probeer my stroop om die mond smeer. [Hy probeer my vlei.]
• Jy vang meer vlieë met 'n lepel stroop as met 'n vat asyn. [Met sagtheid bereik jy meer as met geweld.]

Vertaling:
Engels: syrup
Nederlands: stroop


Werkwoord: stroop
Verlede tyd: het gestroop

Betekenis:
• Iets pluk of aftrek.
• Wild wederregtelik jag.

Gebruik:
• Die bobbejane stroop die vrugte van die bome af.
• Talle renosters word jaarliks gestroop.

Afgelei:
• stroopbende
• stroopsug

Vertaling:
Engels: to plunder, strip
Nederlands: stroopen


Selfstandige naamwoord: stroop
Meervoud:

Betekenis:
• Geen punte in tennis; nul.

Gebruik:
• Hy is vyftien stroop voor.

Afgelei:
• strooppot
• stroopstel

Vertaling:
Engels: love
Nederlands: love

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stroom
Volgende onderwerp: stry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 15:55:51 MGT 2024