Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stoom
stoom [boodskap #129186] Sa, 11 Januarie 2020 17:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stoomtrein.
'n Stoomtrein.
stoom
Afbreking: stoom
Uitspraak: /stʊə̯m/


Selfstandige naamwoord: stoom
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Vloeistof (soos water) in gasvorm.

Gebruik:
• Die stoom borrel by die ketel se tuit uit.

Spreekwoord:
• Op eie stoom iets doen. [Iets self vermag.]
Stoom afblaas. [Jou woede uitpraat.]

Afgelei:
• stoomboot
• stoomketel
• stoomskip
• stoomtrein

Vertaling:
Engels: steam
Nederlands: stoom


Werkwoord: stoom
Verlede tyd: het gestoom
Teenwoordige deelwoord: stomende

Betekenis:
• Sigbaar waterdamp afgee.
• Met verhitte waterdamp reiniging en desinfekteer.
• Kos met verhitte waterdamp gaarmaak.
• 'n Voertuig met stoomkrag voortdryf.

Gebruik:
• Die koffie so warm, dit stoom nog.
• Die masjien kan matte stoom.
• Sy stoom die rys in 'n drukkoker.
• Die trein stoom die stasie binne.

Vertaling:
Engels: to steam, fume
Nederlands: stomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: strokiesprent
Volgende onderwerp: stroom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 15:45:37 MGT 2024