streep [boodskap #129180] |
Sa, 11 Januarie 2020 13:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20800 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
streep
Afbreking: streep
Selfstandige naamwoord: streep
Meervoud: strepe
Verkleinwoord: strepie
Meervoud van verkleining: strepies
Betekenis:
• 'n Lyn of 'n smal strook.
• (figuurlik) 'n Begrensing wat nie oorskry mag word nie.
Gebruik:
• Trek 'n streep onder die regte woord.
• Hier trek ek die streep.
Spreekwoord:
• Hy het 'n streep. [Hy is mal.]
• Die vaal streep skep. [In die pad val.]
• Hy trek haar 'n streep. [Hy bak 'n poets.]
Hiponiem:
• aandagstreep
• eindstreep
• kwaggastreep
• middelstreep
• parkeerstreep
• potloodstreep
• sebrastreep
• kruisstreep
• stofstreep
• verfstreep
Afgelei:
• streepbroek
• streepdas
Engels: line, dash, stroke
Nederlands: streep
Werkwoord: streep
Verlede tyd: het gestreep
Betekenis:
• Om 'n streepvormige beweging te maak (soos om agter mekaar in 'n ry te loop).
• Om pak slae uit te deel.
Gebruik:
• Die eendjies streep agter hulle ma aan.
• Jou pa gaan jou streep as jy vrugte steel.
Afgelei:
• deurstreep
• onderstreep
Vertaling:
Engels: to move in a row; to cane
Nederlands: strepen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|