straf [boodskap #129178] |
Sa, 11 Januarie 2020 13:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
straf
Afbreking: straf
Selfstandige naamwoord: straf
Meervoud: strawwe
Verkleinwoord: straffie
Meervoud van verkleining: straffies
Betekenis:
• Iets slegs wat mens moet doen of wat aan jou gedoen word wanneer jy stout was of iets verkeerds gedoen het. Maatreël ter opvoeding of vergelding vir 'n oortreding, misdaad of ander ongewenste gedrag.
Gebruik:
• As straf is die man 12 jaar tronk toe gestuur.
Hiponiem:
• doodstraf
Afgelei:
• strafhof
• strafsaak
• strafverhoor
Vertaling:
Engels: punishment, penalty
Nederlands: straf
Werkwoord: straf
Verlede tyd: het gestraf
Betekenis:
• Straf uitdeel.
Gebruik:
• Die juffrou gaan jou straf as jy nie jou huiswerk doen nie.
Spreekwoord:
• Die kwaad straf homself. [Die kwaad bring sy eie vergelding.]
Vertaling:
Engels: to punish, chastise
Nederlands: straffen
Byvoeglike naamwoord: straf
Vergrotende trap: strawwer
Oortreffende trap: strafste
Attributief: strawwe
Betekenis:
• Wat baie erg is.
Gebruik:
• Die winter was straf.
Vertaling:
Engels: severe
Nederlands: straf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|