Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » storm
storm [boodskap #129176] Sa, 11 Januarie 2020 13:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
storm
Afbreking: storm
Uitspraak: /stɔrm/


Selfstandige naamwoord: storm
Meervoud: storms
Verkleinwoord: stormpie
Meervoud van verkleining: stormpies

Betekenis:
• Slegte weer wat met harde wind, donderweer en reën gepaardgaan.

Gebruik:
• Baie bome is tydens die storm omgewaai.

Spreekwoord:
• Die stilte voor die storm. [Kalmte voor met krag opgetree word.]
• Dis 'n storm in 'n glas water. ['n Groot lawaai oor 'n nietigheid.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug.]

Antoniem:
• mooiweer

Hiponiem:
• donderstorm
• haelstorm
• seestorm

Afgelei:
• stormagtig
• stormweer

Vertaling:
Engels: storm, gale, tempest
Nederlands: storm


Werkwoord: storm
Verlede tyd: het gestorm

Betekenis:
• Sterk waai of vinnig beweeg.

Gebruik:
• Die klok lui en die kinders storm na buite.

Afgelei:
• stormend

Vertaling:
Engels: to storm
Nederlands: stormen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: storietyd
Volgende onderwerp: stout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 15:40:17 MGT 2024