| stoot [boodskap #129174] |
Sa., 11 Januarie 2020 12:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26116 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
stoot
Afbreking: stoot
Werkwoord: stoot
Verlede tyd: het gestoot
Teenwoordige deelwoord: stotend, stotende
Verlede deelwoord: gestote
Betekenis:
• Om iets te stamp of te druk om dit van een plek na 'n ander te skuif.
Gebruik:
• Jy moet die deur trek, nie stoot nie.
• Help my om die tafel in die hoek in te stoot.
Spreekwoord:
• Sonder slag of stoot. [Sonder enige teenstand.]
• Iemand voor die hoof stoot. [Iemand teengaan in sy voornemens.]
• Jou nie tweemaal aan dieselfde steen stoot nie. [Nie twee maal dieselfde fout begaan nie.]
Vertaling:
Engels: to push, thrust, offend
Nederlands: duwen
Selfstandige naamwoord: stoot
Meervoud: stote
Verkleinwoord: stootjie
Meervoud van verkleining: stootjies
Betekenis:
• Die handeling van stamp of druk; die krag waarmee iets vorentoe beweeg word.
Gebruik:
• Hy het die deur met 'n harde stoot oopgestamp.
• Almal het letsels van die stampe en stote wat die lewe ons toedien.
Antoniem:
• trek
Afgelei:
• hulpstoot
• stootbeweging
• stootkrag
• stootwa
Vertaling:
Engels: push, thrust
Nederlands: stoot, duw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|