Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stoot
stoot [boodskap #129174] Sa, 11 Januarie 2020 12:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stoot
Afbreking: stoot


Selfstandige naamwoord: stoot
Meervoud: stote
Verkleinwoord: stootjie
Meervoud van verkleining: stootjies

Betekenis:
• Die handeling wanneer mens iets of iemand stamp of druk; 'n krag van kort duur teen 'n voorwerp uitoefen.

Gebruik:
• Hy gee die swaai 'n stoot en loop verby.

Antoniem:
• trek

Afgelei:
• hulpstoot

Vertaling:
Engels: push, thrust
Nederlands: stoot, duw


Werkwoord: stoot
Verlede tyd: het gestoot

Betekenis:
• Stamp of druk; van een plek na 'n ander skuif.

Gebruik:
• Jy moet die deur stoot, nie trek nie.
• Help my om die tafel in die hoek in te stoot.

Spreekwoord:
• Iemand voor die hoof stoot. [Iemand teengaan in sy voornemens.]
• Sonder slag of stoot. [Sonder enige teenstand.]
• Jou nie tweemaal aan dieselfde steen stoot nie. [Nie twee maal dieselfde fout begaan nie.]

Vertaling:
Engels: to push, thrust, offend
Nederlands: duwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoof
Volgende onderwerp: storietyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 15:27:04 MGT 2024