stomp [boodskap #129172] |
Sa, 11 Januarie 2020 11:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20786 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stomp
Afbreking: stomp
Selfstandige naamwoord: stomp
Meervoud: stompe
Verkleinwoord: stompie
Meervoud van verkleining: stompies
Betekenis:
• 'n Dik, ronde stuk hout.
Gebruik:
• Sy sit op 'n stomp langs die vuur.
• Hy gooi nog 'n stomp op die vuur.
Spreekwoord:
• Romp en stomp verkoop. [Alles verkoop.]
Vertaling:
Engels: log, stump
Nederlands: stomp
Byvoeglike naamwoord: stomp
Vergrotende trap: stomper
Oortreffende trap: stompste
Attributief: stomp
Partitief: stomps
Betekenis:
• Wat nie skerp is nie of sy skerpheid verloor het.
Gebruik:
• Die mes is baie stomp.
Antoniem:
• skerp
Vertaling:
Engels: blunt, dull
Nederlands: stomp
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|