Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stoel
stoel [boodskap #129167] Sa, 11 Januarie 2020 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Stoel.
'n Stoel.
stoel
Afbreking: stoel
Uitspraak: /stul/


Selfstandige naamwoord: stoel
Meervoud: stoele
Verkleinwoord: stoeltjie
Meervoud van verkleining: stoeltjies

Betekenis:
• 'n Meubelstuk waarop een persoon op 'n slag kan sit.

Gebruik:
• Sit op jou stoel en bly stil!

Spreekwoord:
• As 'n negosiekas 'n stoel word. [As niks iets word.]
• Hulle sit nie op dieselfde stoel nie. [Kom nie met mekaar klaar nie.]

Hiponiem:
• gemakstoel
• leunstoel
• kampstoel
• kerkstoel
• kombuisstoel
• opvoustoel
• preekstoel
• rolstoel
• rystoel
• strandstoel
• voustoel
• wiegstoel

Afgelei:
• stoelleuning
• stoelkleed
• stoelmat
• stoelpoot

Vertaling:
Engels: chair, stool, seat
Nederlands: stoel
Ndebele: isitulo
Sotho: setulo
Tsonga: xitulu
Xhosa: isitulo
Zoeloe: isitulo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stil
Volgende onderwerp: stoep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 15:27:30 MGT 2024