stamp [boodskap #129156] |
Fri, 10 January 2020 19:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stamp
Afbreking: stamp
Selfstandige naamwoord: stamp
Meervoud: stampe
Verkleinwoord: stampie
Meervoud van verkleining: stampies
Betekenis:
• 'n Harde hou teen iets of die merk wat so 'n hou laat.
Gebruik:
• Sy kar het is stamp aan die voorkant.
Spreekwoord:
• Jou kop stamp. ['n Nederlaag ly.]
• Jou kop teen 'n muur stamp. ['n Onoorkomelike moeilikheid ondervind.]
• 'n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde klip. [Net 'n dom mens maak dieselfde fout.]
• 'n Esel stamp hom nie twee maal aan dieselfde klip nie. [Wie iets onaangenaams ondervind het, vermy dit voortaan.]
Vertaling:
Engels: knock, blow, dent
Nederlands: stamp
Werkwoord: stamp
Verlede tyd: het gestamp
Betekenis:
• Iets of iemand 'n harde hou toedien.
• Iets fynmaak.
Gebruik:
• Hy stamp sy toon teen 'n klip.
• Sy stamp die mielies fyn.
Afgelei:
• stamper
Vertaling:
Engels: to stamp, pound
Nederlands: stampen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|