Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoor
spoor [boodskap #129144] Fri, 10 January 2020 14:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Spore in die sneeu.
Spore in die sneeu.
Die spoor aan 'n voël se poot.
Die spoor aan 'n voël se poot.
'n Stewel met 'n spoor.
'n Stewel met 'n spoor.
spoor
Afbreking: spoor


Selfstandige naamwoord: spoor
Meervoud: spore
Verkleinwoord: spoortjie
Meervoud van verkleining: spoortjies

Betekenis:
• 'n Merk (afdruk) wat 'n mens, dier of kar laat.
• Die baan waarop 'n trein ry.
• Toestel wat ruiters dra om rydiere aan te jaag.
• (dierkunde) Doringagtige uitsteeksel aan die pote van manlike, hoenderagtige voëls.
• (plantkunde) Voortplantingsorgaan by skimmels en bakterie.

Gebruik:
• Die jagter het die gekweste bok se spoor gevolg.
• Die trein se spoor loop oor die brug.
• Die haan het gevaarlike spore.
• Die ruiter dra stewels met spore.
• Met tye produseer mosse spore wat deur dun stingels omhoog gehou word.

Spreekwoord:
• Jy moet in jou spoor trap. [Versigtig optree.]
• Hy raak die spoor byster. [Hy verdwaal (ook figuurlik).]

Hiponiem:
• bloedspoor
• leeuspoor
• lugspoor
• skuimspoor
• sweefspoor
• treinspoor
• voetspoor

Afgelei:
• spoordiens
• spoornetwerk
• spoorsny

Vertaling:
Engels: track, footstep, rail, spur
Nederlands: spoor


Werkwoord: spoor
Verlede tyd: het gespoor

Betekenis:
• Om in spore te loop of te laat loop.
• Om met spore aan te dryf.

Gebruik:
• Die werktuigkundige spoor die motor se bande.
• Die ruiter spoor sy perd om vinniger te hardloop.

Afgelei:
• sporing

Vertaling:
Engels: to track; to spur
Nederlands: sporen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grasperk
Volgende onderwerp: spoorlyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 20:31:58 UTC 2024