spierwit [boodskap #129138] |
Fri, 10 January 2020 06:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spierwit
Afbreking: spier•wit
Byvoeglike naamwoord: spierwit
Attributief: spierwit (spierwitte)
Betekenis:
• Die intensiewe vorm van wit; 'n besonder ligte wit.
Gebruik:
• Die bruid het 'n spierwit rok aan.
• Sy gesig is spierwit van die skrik.
Sinoniem:
• lakenwit
• melkwit
• skitterwit
• sneeuwit
Antoniem:
• pikswart
Vertaling:
Engels: white as snow, snow-white, pure white
Nederlands: spierwit
Nota:
• Spier in hierdie samestelling verwys na wit hoendervleis.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|