Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spinnekop
spinnekop [boodskap #129136] Thu, 09 January 2020 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spinnekop het vier paar gelede looppote (1) met twee lyfsegmente, die kopborsstuk of kefalotoraks (2) en 'n agterlyf of abdomen (3).
'n Spinnekop het vier paar gelede looppote (1) met twee lyfsegmente, die kopborsstuk of kefalotoraks (2) en 'n agterlyf of abdomen (3).
spinnekop
Afbreking: spin•ne•kop


Selfstandige naamwoord: spinnekop
Meervoud: spinnekoppe
Verkleinwoord: spinnekoppie
Meervoud van verkleining: spinnekoppies

Betekenis:
• 'n Klein, ongewerwelde roofdier van die orde Araneae met twee lyfsegmente, agt pote, maar geen vlerke nie.

Gebruik:
• 'n Spinnekop moet vervel namate hy groei, omdat sy skelet nie kan rek nie.

Spreekwoord:
• Waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit. [Party mense vertolk die dade van hulle medemens altyd so ongunstig moontlik.]

Afgelei:
• basspinnekop
• blomspinnekop
• bobbejaanspinnekop
• jagspinnekop
• langbeenspinnekop
• knopiespinnekop
• krapspinnekop
• romanspinnekop
• spinnekopagtig
• springspinnekop
• reënspinnekop
• tuinspinnekop
• valdeurspinnekop
• waenhuisspinnekop
• waterspinnekop

Vertaling:
Engels: spider
Nederlands: spinnenkop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reef
Volgende onderwerp: speurder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 19:32:11 UTC 2024