soet [boodskap #129119] |
Wed, 08 January 2020 19:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
soet
Afbreking: soet
Uitspraak: /sut/
Byvoeglike naamwoord: soet
Vergrotende trap: soeter
Oortreffende trap: soetste
Attributief: soet, soete
Partitief: soets
Intensief: stroopsoet, suikersoet
Betekenis:
• Wat 'n aangename smaak het, nie sout of suur is nie, soos suiker of heuning.
• Wat aangenaam is vir die sintuie.
• Wat gehoorsaam is.
Gebruik:
• Koeksisters is baie soet. Sy het lus vir iets soeters.
• Kan 'n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Die soete geur van blomme.
• As jy soet is, kan jy 'n suigstokkie kry.
Spreekwoord:
• Na suur kom soet. [Na die onaangename kom die aangename.]
• Die soet en die suur van die lewe. [Die aangename en onaangename van die lewe.]
• Dis 'n soet druppel in sy beker. [Iets wat te midde van teëspoed, vreugde bring.]
• Honger maak rou bene soet. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
Vergelyking:
• So soet soos stroop.
• So soet soos suiker.
Sinoniem:
• gehoorsaam
Antoniem:
• bitter
• suur
• stout
Afgelei:
• soetgebak
• soetgoed
• soetklinkend
• soetlief
• soetmaak
• soetsappig
• soettand
• versoet
Vertaling:
Engels: sweet; well-behaved
Nederlands: zoet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|