Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sny
sny [boodskap #129115] Wed, 08 January 2020 17:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Uie word gesny.
Uie word gesny.
sny
Afbreking: sny


Werkwoord: sny
Verlede tyd: het gesny
Teenwoordige deelwoord: snyende
Verlede deelwoord: gesnede

Betekenis:
• Met 'n skerp voorwerp in stukke deel.
• Iets korter maak.
• (wiskunde) Twee lyne wat kruis.

Gebruik:
• Sy sny die brood om toebroodjies te maak.
• Hy sny sy hare.
• Bereken die punt waar die twee lyne sny.

Spreekwoord:
• Jy kan sole uit sy lippe sny. [Hy is nukkerig.]
• Rieme sny na die vel. [Klaarkom met wat jy het.]
• Dit sny geen hout nie. [Daardeur sal niks bereik word nie.]
• 'n Meisie stompoor sny. [Jou 'n meisie toeëien asof sy joune is.]
• Die mes sny aan albei kante. [Die saak kan van twee kante beskou word.]
• Biltong sny voor die bees geslag is. [Op iets staatmaak wat nog moet gebeur.]
• Van 'n ander se vel breë rieme sny. [Met 'n ander se goed spandabel te werk gaan.]
• Sy loop deur die hele bos om die kromste lat te sny. ['n Meisie wat baie kêrels gehad het, maar met die treurigste trou.]

Vertaling:
Engels: to cut, carve
Nederlands: snijden


Selfstandige naamwoord: sny
Meervoud: snye
Verkleinwoord: snytjie
Meervoud van verkleining: snytjies

Betekenis:
• Die plek waar iets of iemand gesny is.
• Die plat stuk wat van iets anders afgesny is.

Gebruik:
• Die sny aan sy vinger lyk septies.
• Kan ek nog 'n sny van daai biltong kry?

Afgelei:
• snyding
• snyer
• snysel
• snywond

Vertaling:
Engels: cut; slice
Nederlands: snij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snork
Volgende onderwerp: sodra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:15:01 UTC 2024