| sneeu [boodskap #129112] |
Wo., 08 Januarie 2020 15:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25847 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sneeu
sneeu
Afbreking: sneeu
Uitspraak: /sniu/
Selfstandige naamwoord: sneeu
Meervoud: –
Betekenis:
• Druppels water wat gevries is en uit die lug uit val. 'n Soort neerslag in die vorm van kristalagtige waterys.
Gebruik:
• Ons moet 'n sneeuman bou voordat die sneeu smelt.
• Aangesien sneeu uit klein ysdeeltjies saamgestel is, is dit 'n korrelagtige materiaal.
Sinoniem:
• kapok
Afgelei:
• sneeubal
• sneeuhut
• sneeukleed
• sneeuman
• sneeuspoor
• sneeustorting
• sneeuweer
Vertaling:
Engels: snow
Nederlands: sneeuw
Werkwoord: sneeu
Verlede tyd: het gesneeu
Teenwoordige deelwoord: sneeuend, sneeuende
Verlede deelwoord: gesneeude
Betekenis:
• Om met wit vlokkies uit die lug te val.
• Om 'n geruis te maak, soos 'n TV wat nie opvang nie.
Gebruik:
• Dis baie koud en dit sneeu buite.
• Die televisie se beeld sneeu al weer.
Vertaling:
Engels: to snow
Nederlands: sneeuwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|