smeer [boodskap #129109] |
Wed, 08 January 2020 15:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smeer
Afbreking: smeer
Werkwoord: smeer
Verlede tyd: het gesmeer
Teenwoordige deelwoord: gesmeerde
Betekenis:
• Met 'n sagte stof (soos botter of olie) bestryk.
Gebruik:
• Sy smeer konfyt op haar brood.
Spreekwoord:
• Aan hom is daar geen salf te smeer nie. [Dis hopeloos om hom te probeer verander.]
• Dis botter aan die galg smeer. [Dit is vergeefse moeite.]
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. [Wie sal die handewerk doen as almal geleerd is.]
• Ek smeer hom dit aan die baard. [Iemand iets met skimpe verwyt.]
• Hy probeer my stroop om die mond smeer. [Hy probeer my vlei.]
• Iemand heuning om die mond smeer. [Iemand vlei.]
• Iemand salf om die oë smeer. [Iemand flous, mislei.]
• Iemand vet om die oë smeer. [Iemand probeer mislei.]
• Jou lyf vet smeer. [Jou regmaak vir 'n pak slae.]
Vertaling:
Engels: to spread, smear, butter, grease, lubricate
Nederlands: smeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|