Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slot
slot [boodskap #129106] Wed, 08 January 2020 14:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Slot.
'n Slot.
slot
Afbreking: slot


Selfstandige naamwoord: slot
Meervoud: slotte
Verkleinwoord: slotjie
Meervoud van verkleining: slotjies

Betekenis:
• 'n Voorwerp waarmee 'n mens iets sluit. Meganisme om 'n afgeslote ruimte met 'n sleutel oop en toe te sluit.
• Die laaste (gewoonlik opsommende) paragraaf of deel; einde van 'n storie, rolprent, ens.
• Deel van 'n vuurwapen wat gelaai en afgeskiet word.
• 'n Spesifieke posisie in rugby (no. 4 en 5).

Gebruik:
• Die slot se sleutel is weg. Geen slot, deur of poort kon hom keer nie.
• Eindig jou opstel met 'n goeie slot. Die fliek se slot was heeltemal te voorspelbaar.
• Dit goeie etiket om jou geweer se slot tydens jagtogte oop te los, en slegs toe te maak as jy vir 'n skoot aangelê.
• Die slot moet die bal in die lynstaan vang. Slotte vervul 'n belangrike rol met brute stootkrag in die skrums, waar hulle deel van die vaste vyf vorm.

Spreekwoord:
• Agter slot en grendel. [In die tronk sit.]
• 'n Slot voor iemand se mond sit. [Iemand dwing om nie te praat nie.]

Vertaling:
Engels: lock, clamp; ending, conclusion; lock
Nederlands: slot

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sleep
Volgende onderwerp: slurp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 08:51:22 UTC 2024