| wyd [boodskap #129099] |
Di., 07 Januarie 2020 07:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wyd
Afbreking: wyd
Uitspraak: /vəi̯t/
Byvoeglike naamwoord: wyd
Vergrotende trap: wyer
Oortreffende trap: wydste
Attributief: wye
Partitief: wyds
Intensief: wawyd, wêreldwyd, hemelwyd
Betekenis:
• Breed en nie nou of smal nie.
• Wat algemeen voorkom; veelvoorkomend.
Gebruik:
• Die hemp is te wyd, ons sal dit nouer moet maak.
• Die gebruik is wyd verspreid.
Spreekwoord:
• Iets wyd en syd versprei. [Oral versprei.]
Sinoniem:
• breed
• ruim
• oral
• uitgesprei
• uitgestrek
Antoniem:
• nou
• smal
Hiponiem:
• hemelwyd
• landswyd
• wawyd
• wêreldwyd
Afgelei:
• wydheid
• wydlopend
• wydstrekkend
• wydte
• wydversprei
• wydvertak
Vertaling:
Engels: wide, broad, roomy, spacious
Nederlands: wijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|