Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weier
weier [boodskap #129098] Di, 07 Januarie 2020 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weier
Afbreking: wei•er


Werkwoord: weier
Verlede tyd: het geweier

Betekenis:
• Om nie aan 'n versoek of opdrag te voldoen nie; afwys.
• Om nie af te gaan of in werking te kom nie; faal.

Gebruik:
• Ek weier om dit te doen!
• Die geweer het geweier.

Spreekwoord:
• Vra is vry en weier daarby. [Iemand kan enigiets vra, maar dis nie te sê dat hy dit sal kry nie.]

Afgelei:
• weieraar
• weieragtig
• weiering
• weierskoot

Vertaling:
Engels: to refuse, decline, deny; to fail
Nederlands: weigeren

Nota:
• Pas op: "wyer" verwys na die wydte van iets (wyd, wyer, wydste).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaapsak
Volgende onderwerp: wyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 16:23:23 MGT 2024