Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slaapsak
slaapsak [boodskap #129097] Tue, 07 January 2020 06:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kleurvolle slaapsak.
'n Kleurvolle slaapsak.
slaapsak
Afbreking: slaapsak
Samestelling: slaap + sak


Selfstandige naamwoord: slaapsak
Meervoud: slaapsakke
Verkleinwoord: slaapsakkie
Meervoud van verkleining: slaapsakkies

Betekenis:
• 'n Groot, snoesige sak van materiaal waarin 'n mens kan slaap. Donserige sak, meestal met 'n ritssluiter om dit oop en toe te rits, wat in 'n klein bondeltjie opgerol kan word.

Gebruik:
• Hy pak sy slaapsak in sy rugsak voordat hy op toer vertrek.
• Elke kampeerder wat sy sout werd is besit 'n slaapsak.

Vertaling:
Engels: sleeping bag
Nederlands: slaapzak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaapkamer
Volgende onderwerp: weier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:23:02 UTC 2024