Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skyn
skyn [boodskap #129094] Mon, 06 January 2020 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Flits wat skyn.
'n Flits wat skyn.
skyn
Afbreking: skyn


Werkwoord: skyn
Verlede tyd: het geskyn

Betekenis:
• Lig afgee, soos die son of 'n lantern.
• As iets voordoen, dikwels op bedrieglike wys.

Gebruik:
• Die straatlig skyn by my venster in.
• Dit skyn lonend te wees.

Spreekwoord:
Skyn nóg skaduwee van bewys. [Hoegenaamd niks bewys nie.]
• Iemand is nie werd dat die son op hom skyn nie. [Iemand is baie sleg.]
• Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie. [Hy is afgunstig.]
• Jy moet die skyn bewaar. [Die indruk wek dat iets werklik is soos voorgegee word.]

Hiponiem:
• maanskyn
• sonskyn

Afgelei:
• skynbaar
• skynheilig

Vertaling:
Engels: to shine, glow, glimmer; to look, appear
Nederlands: schijnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skyfie
Volgende onderwerp: slaag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 08:56:01 UTC 2024