Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skyfie
skyfie [boodskap #129093] Ma, 06 Januarie 2020 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20786
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skyfies (slaptjips)
Skyfies (slaptjips)
skyfie
Afbreking: sky•fie


Selfstandige naamwoord: skyfie
Meervoud: skyfies
Verkleinwoord: skyfietjie
Meervoud van verkleining: skyfietjies

Betekenis:
• Dun stukkie aartappel wat in olie gebraai of in die oond gedroog is; tjip of slaptjip.
• Die vrugtehuisie van 'n lemoen of nartjie.
• 'n Klein dun ronde voorwerp.

Gebruik:
• Hy bestel 'n hamburger met skyfies. Sy koop 'n coke en 'n pakkie skyfies.
• Kan ek 'n skyfie van jou lemoen kry?
• Hulle plaas die skyfie onder die mikroskoop.

Vertaling:
Engels: chip; slice
Nederlands: friet; plak

Nota:
• "Skyfie" is 'n verkorte vorm van aartappelskyfie. "Tjips" is 'n informele woord vir skyfies.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuldig
Volgende onderwerp: skyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 16:52:50 MGT 2024