Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuldig
skuldig [boodskap #129092] Mon, 06 January 2020 18:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuldig
Afbreking: skul•dig
Uitspraak: /ˈskœl.dəχ/


Byvoeglike naamwoord: skuldig
Vergrotende trap: skuldiger
Oortreffende trap: skuldigste
Attributief: skuldige

Betekenis:
• Vir 'n (meestal strafbare) daad verantwoordelik.

Gebruik:
• Hy is skuldig aan die aanklag wat teen hom gemaak is.

Spreekwoord:
• Ek bly jou 'n antwoord skuldig. [Vasgevra wees; nie in staat om te reageer nie.]
• Net een dood skuldig wees. [Niks ergers as die slegste kan ’n mens tref nie.]

Sinoniem:
• aandadig
• medepligtig

Antoniem:
• onskuldig

Vertaling:
Engels: guilty, indebted, culpable
Nederlands: schuldig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaboedel
Volgende onderwerp: skyfie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:40:25 UTC 2024