skud [boodskap #129084] |
Mon, 06 January 2020 06:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skud
Afbreking: skud
Werkwoord: skud
Verlede tyd: het geskud
Teenwoordige deelwoord: skutende
Betekenis:
• Heftig heen en weer, of op en af ruk.
• Die liggaam heen en weer beweeg.
Gebruik:
• Hy het so vas geslaap, ek moes hom waker skud. Sy skud die bestanddele bymekaar.
• Hulle skud van die lag. Die hond skud die water van sy rug af.
Spreekwoord:
• Jou sak skud. [Betaal vir iets.]
• Die stof van jou voete skud. [Wys dat 'n mens die plek verag.]
• Iets uit die mou skud. [Sonder inspanning iets geestigs, geleerds te voorskyn bring.]
Homofoon:
• skut (iemand wat skiet)
Afgelei:
• afskud
• opskud
• rondskud
• skudding
• uitskud
Vertaling:
Engels: to shake, tremble
Nederlands: schudden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|