Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skerp
skerp [boodskap #129081] Sun, 05 January 2020 19:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
skerp
Afbreking: skerp


Byvoeglike naamwoord: skerp
Vergrotende trap: skerper
Oortreffende trap: skerpste
Attributief: skerp
Partitief: skerps
Intensief: vlymskerp

Betekenis:
• Wat goed kan sny, kap of knip.
• Met 'n punt wat kan steek.
• Iets vinnig ruik, voel of hoor; 'n bytende indruk op die sintuie laat.
• Onvriendelik of beledigend wees; 'n heftige houding of reaksie ontlok.
• Vinnig reageer en goed verstaan; fyn en noukeurig kan onderskei.

Gebruik:
• Vleis word met 'n skerp mes gesny.
• Die spyker se skerp punt word in die hout ingekap.
• Hy kon nie die skerp reuk verdra nie.
• Sy het 'n skerp tong.
• Sy verstand is nog skerp.

Sinoniem:
• puntig
• snydend
• spits

Antoniem:
• dof
• stomp

Vertaling:
Engels: sharp; strong; harsh
Nederlands: scherp


Werkwoord: skerp
Verlede tyd: het geskerp

Betekenis:
• Iets skerper maak.
• Skerpsinnig maak; die sintuie skerper laat waarneem.

Gebruik:
• Maak jou potlood skerp. 'n Mens skerp yster met yster.
Skerp jul paraatheid op. Skerp u oë en spits u ore.

Vertaling:
Engels: to sharpen
Nederlands: scherpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skets
Volgende onderwerp: hopelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 09:54:58 UTC 2024