Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skrif
skrif [boodskap #129077] Sun, 05 January 2020 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skrif
Skrif
skrif
Afbreking: skrif


Selfstandige naamwoord: skrif
Meervoud: skrifte
Verkleinwoord: skriffie
Meervoud van verkleining: skriffies

Betekenis:
• 'n Versameling simbole (letters en skryftekens) wat gebruik word om 'n taal te skryf.
• Die manier waarop 'n mens skryf; handskrif; skryfwyse.
• Die lettertipe waarin geskryf word (soos vetdruk, kursief, ens.)
• 'n Skryfboek of die inhoud daarvan; oefenboek.

Gebruik:
• Plaas jou versoek op skrif.
• Geen mens kan die dokter se skrif lees nie.
• Watter skrif het jy vir die dokument gekies?
• Elke leerders sal 'n skrif ontvang waarin hulle die oefeninge moet doen.

Spreekwoord:
• Die skrif is aan die muur. [Die uur van afrekening is daar.]

Hiponiem:
• drukskrif
• getuigskrif
• grafskrif
• handskrif
• snelskrif
• spykerskrif
• wigskrif

Afgelei:
• skrifgedeelte
• skrifgeleerde
• skriflesing
• skrifteken
• skriftelik

Vertaling:
Engels: writing; handwriting; exercise book
Nederlands: schrift

Nota:
• "Skrif" met 'n hoofletter S verwys na die Bybel, die woord van God.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: populisme
Volgende onderwerp: skriftelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 08:48:06 UTC 2024