Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skreeu
skreeu [boodskap #129072] So., 05 Januarie 2020 08:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24909
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skreeuende soldaat.
'n Skreeuende soldaat.
skreeu
Afbreking: skreeu


Selfstandige naamwoord: skreeu, skree
Meervoud: skreeue, skreë
Verkleinwoord: skreeutjie
Meervoud van verkleining: skreeutjies

Betekenis:
• 'n Harde uitroep of gil, dikwels 'n gevolg van angs, pyn, skrik of woede.

Gebruik:
• Toe sy die muis sien, gee sy 'n harde skreeu en spring op die tafel.

Wisselvorm:
• skree
• skrou

Antoniem:
• fluister

Afgelei:
• skreeubalie
• skreeubek
• skreeulelik
• skreeusnaaks

Vertaling:
Engels: yell, scream, shout, cry
Nederlands: schreeuw


Werkwoord: skreeu, skree
Verlede tyd: het geskreeu, het geskree
Teenwoordige deelwoord: skreeuend, skreeuende
Verlede deelwoord: geskreeude

Betekenis:
• Om hardop te praat, roep of gil. Lug luid deur die stembande forseer.
• Om hardop soos 'n baba te huil.
• (dieregeluid) Om 'n geluid soos 'n jakkals, kiewiet of sonbesie te maak.

Gebruik:
• Hy skreeu soos 'n meisie toe die klip op sy toon val.
• Die babatjie het verskriklik geskreeu.
• 'n Jakkalse skreeu in die nag.

Afgelei:
• beskreeu
• doodskreeu
• naskreeu
• skreeuer
• skreeuery
• toeskreeu
• uitskreeu

Vertaling:
Engels: to shout, cry, scream
Nederlands: schreeuwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naboots
Volgende onderwerp: populisties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Apr. 21 22:56:59 UTC 2026