Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skreeu
skreeu [boodskap #129072] Sun, 05 January 2020 08:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20807
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skreeuende soldaat.
'n Skreeuende soldaat.
skreeu
Afbreking: skreeu


Selfstandige naamwoord: skree, skreeu
Meervoud: skreë, skreeue
Verkleinwoord: skreeutjie
Meervoud van verkleining: skreeutjies

Betekenis:
• 'n Harde uitroep of gil, dikwels 'n gevolg van angs, pyn, skrik of woede.

Gebruik:
• Toe sy die muis sien, gee sy 'n harde skreeu en spring op die tafel.

Wisselvorm:
• skree

Antoniem:
• fluister

Afgelei:
• skreeubalie
• skreeubek
• skreeuer
• skreeuery
• skreeusnaaks

Vertaling:
Engels: yell, scream, shout, cry
Nederlands: schreeuw


Werkwoord: skree., skreeu
Verlede tyd: het geskree, het geskreeu
Teenwoordige deelwoord: skreeuende

Betekenis:
• Hardop praat, roep of gil. Lug luid deur die stembande forseer.
• 'n Baba wat hardop huil.
• (dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.

Gebruik:
• Hy skreeu soos 'n meisie toe die klip op sy toon val.
• Die babatjie skreeu verskriklik.
• 'n Jakkals skreeu in die nag.

Vertaling:
Engels: to shout, cry, scream
Nederlands: schreeuwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: naboots
Volgende onderwerp: populisties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 01 03:01:06 UTC 2024