Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skree
skree [boodskap #129069] Sun, 05 January 2020 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Drilsersant wat bevele uitskree.
'n Drilsersant wat bevele uitskree.
skree
Afbreking: skree


Selfstandige naamwoord: skree, skreeu
Meervoud: skreë, skreeue
Verkleinwoord: skreeutjie
Meervoud van verkleining: skreeutjies

Betekenis:
• 'n Harde uitroep of gil, dikwels 'n gevolg van angs, pyn, skrik of woede.

Gebruik:
• Toe sy die muis sien, gee sy een skree en spring op die tafel.

Wisselvorm:
• skreeu
• skrou

Vertaling:
Engels: yell, scream, shout, cry
Nederlands: schreeuw


Werkwoord: skree, skreeu
Verlede tyd: het geskree, het geskreeu

Betekenis:
• Hardop praat, roep of gil. Lug luid deur die stembande forseer.
• 'n Baba wat hardop huil.
• (dieregeluid) Die geluid wat jakkalse, kiewiete of sonbesies maak.

Gebruik:
• Hy skree soos 'n meisie toe die klip op sy toon val.
• Die babatjie skree verskriklik.
• 'n Jakkals skree in die nag.

Spreekwoord:
• Moord en brand skree. [Baie lawaai maak oor iets.]
• Moenie hoera skree voor jy oor die brug is nie. [Moenie aanvaar die saak het goed afgeloop voordat jy van die uitslag seker is nie.]

Vergelyking:
Skree soos 'n maer vark.

Vertaling:
Engels: to shout, cry, scream
Nederlands: schreeuwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skouer
Volgende onderwerp: nabootsing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:28:09 UTC 2024