Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skouer
skouer [boodskap #129068] Sun, 05 January 2020 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man met 'n papegaai op sy skouer.
'n Man met 'n papegaai op sy skouer.
skouer
Afbreking: skou•er


Selfstandige naamwoord: skouer
Meervoud: skouers
Verkleinwoord: skouertjie
Meervoud van verkleining: skouertjies

Betekenis:
• (anatomie) Gewrig wat die arm met die lyf verbind.
• (by uitbreiding) Deel van die liggaam tussen die boarm en die nek.
• Die kant van 'n pad waar motors nie ry nie en waar voetgangers kan stap.

Gebruik:
• Die rugbyspeler het sy skouer beseer.
• Haar skouers is rooi gebrand.
• Die stukkende kar staan op die skouer van die pad.

Spreekwoord:
• Klop hom op sy skouer. [Prys hom.]
• Skouer aan skouer staan. [Saamstaan.]
• Sit skouer aan die wiel. [Span alle kragte in.]
• Hy ry met die baard op die skouer. [Hy ry baie vinnig.]

Hiponiem:
• linkerskouer
• regterskouer

Afgelei:
• skouerblad
• skouerlengte

Vertaling:
Engels: shoulder.
Nederlands: schouder
Xhosa: iligxa


Werkwoord: skouer
Verlede tyd: het geskouer

Betekenis:
• Die skouer draai om iets/iemand te stamp of te vermy.

Gebruik:
• Die rugbyspeler skouer sy opponent in die grond in.

Vertaling:
Engels: to shoulder
Nederlands: schouderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: miskol
Volgende onderwerp: skree
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 22:30:49 UTC 2024