sellulose [boodskap #129055] |
Sat, 04 January 2020 10:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sellulose
Afbreking: sel•lu•lo•se
Selfstandige naamwoord: sellulose
Meervoud: –
Betekenis:
• Die hoofbestanddeel van plante se selwande wat aan die plant sy fermheid gee. Dit is 'n organiese verbinding en die mees voorkomende natuurlike polimeer (biopolimeer) is op aarde. Tegnies gesproke 'n polisakkaried (veelvuldige suiker) van honderde tot duisende glukose-elemente wat aan mekaar gekoppel is om 'n veselagtige polimeerketting te vorm.
Gebruik:
• Sellulose is 'n belangrike grondstof by die produksie van papier en karton.
• Een van die suiwerste bronne van sellulose is katoen, wat se vesel amper 90% sellulose bevat.
Sinoniem:
• selstof
• selwanfstof
• plantselwandstof
Vertaling:
Engels: cellulose
Nederlands: cellulose
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|