skat [boodskap #129051] |
Sat, 04 January 2020 09:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20807 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skat
Afbreking: skat
Selfstandige naamwoord: skat
Meervoud: skatte
Verkleinwoord: skatjie
Meervoud van verkleining: skatjies
Betekenis:
• Iets wat baie kosbaar is of baie werd is.
• Aanspreekvorm vir iemand wat baie gaaf is, of vir iemand van wie mens baie hou.
Gebruik:
• Die seerowers het die skat op 'n afgeleë eiland begrawe.
• Wees 'n skat en bring vir my 'n koppie tee.
Spreekwoord:
• 'n Mens waardeer die skat eers as dit verlore is. [Goeie dinge word soms te laat waardeer.]
Afgelei:
• skatryk
• skatkis
• woordeskat
• skattebol
Verwant:
• tresoor
Vertaling:
Engels: treasure, wealth; sweetheart, darling, angel
Nederlands: schat
Werkwoord: skat
Verlede tyd: het geskat
Betekenis:
• Raai hoeveel daar van iets is.
• Dink dat iets so is.
Gebruik:
• Hy skat dat daar 50 kinders op die pawiljoen sit.
• Sy skat die onderwyser sal nou hier wees.
Vertaling:
Engels: to guess, estimate; to reckon, appraise, assess
Nederlands: schatten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|