skakel [boodskap #129050] |
Sat, 04 January 2020 09:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skakel
Afbreking: ska•kel
Selfstandige naamwoord: skakel
Meervoud: skakels
Verkleinwoord: skakeltjie
Meervoud van verkleining: skakeltjies
Betekenis:
• Een van die ringe in 'n ketting.
• Iets wat verskillende dinge met aanmekaar verbind; verbindingstuk.
• Die skrumskakel of losskakel in rugby.
• (rekenaarwetenskap) 'n HTML-verwysing na 'n ander webblad, dokument, lêer, prent, video of na 'n posisie in 'n dokument.
Gebruik:
• Een van my hangertjie se skakels het gebreek.
• Sy is die skakel wat ons familie bymekaar hou.
• Die skakel is beseer.
• Kliek op die skakel om na die regte bladsy te gaan.
Vertaling:
Engels: link
Nederlands: link
Werkwoord: skakel
Verlede tyd: het geskakel
Betekenis:
• 'n Verbinding (skakeling) tussen dinge bewerkstellig.
• 'n Elektriese stroom aansluit.
• Iemand met 'n telefoon bel.
Gebruik:
• Die bladsy skakel na 'n ander webtuiste.
• Sy skakel die ketel aan.
• Hy skakel die polisie.
Afgelei:
• skakelbeampte
• skakelaar
• skakelbord
• skakeling
Vertaling:
Engels: to connect, link; to switch; to phone, call
Nederlands: verbinden, linken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|