Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaduwee
skaduwee [boodskap #129049] Sat, 04 January 2020 08:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die skaduwee van 'n man.
Die skaduwee van 'n man.
skaduwee
Afbreking: ska•du•wee
Uitspraak: /ˈskɑːdəviə̯/, /ˈskɑːrəviə̯/


Selfstandige naamwoord: skaduwee
Meervoud: skaduwees
Verkleinwoord: skaduweetjie
Meervoud van verkleining: skaduweetjies

Betekenis:
• 'n Donkerte wat ontstaan op 'n plek waar ligstrale nie deurdring nie.
• (figuurlik) 'n Donker, negatiewe ding.

Gebruik:
• Die bokke rus in die skaduwee van 'n groot boom.
• Sy skielike siekte het 'n skaduwee oor ons vakansie gegooi.

Spreekwoord:
• Hy stel hom in die skaduwee. [Iemand oortref.]
• Sy is bang vir haar eie skaduwee. [Baie bang wees.]
• Skyn nóg skaduwee van bewys. [Hoegenaamd niks bewys nie.]
• Sy volg hom soos sy skaduwee. [Onafskeidbaar van hom wees.]
• Hy kan nie in sy skaduwee staan nie. [Nie sy gelyke wees nie.]
• 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee. [Ouers het altyd 'n invloed op hul kinders.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]

Wisselvorm:
• skadu

Vertaling:
Engels: shadow, shade
Nederlands: schaduw
Venda: murunzi
Xhosa: isithunzi
Zoeloe: isithunzi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skadu
Volgende onderwerp: skakel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 21:26:20 UTC 2024