siekte [boodskap #129037] |
Fri, 03 January 2020 18:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
siekte
Afbreking: siek•te
Uitspraak: /ˈsiktə/
Selfstandige naamwoord: siekte
Meervoud: siektes
Verkleinwoord: siektetjie
Meervoud van verkleining: siektetjies
Betekenis:
• 'n Pyn, skeet of kwaal wat veroorsaak dat iemand nie lekker voel nie; gesondheidsprobleem of ongesteldheid.
Gebruik:
• Sy is as gevolg van siekte van die werk af afwesig.
Spreekwoord:
• Siekte kom te perd, dog vertrek te voet. [n Mens word gouer siek as gesond.]
• As lelik 'n siekte was, was iemand lankal dood. [Iemand is baie lelik.]
Hiponiem:
• brandsiekte
• fungussiekte
• karsiekte
• oogsiekte
• perdesiekte
• seesiekte
• senusiekte
• skoolsiekte
Afgelei:
• siektebeskrywing
• siektedraer
• siektefonds
• siektegeskiedenis
• siektegeval
• siektekiem
• siekteoorsaak
• siektetoestand
• siekteverloop
• siekteversekering
• siekteverwekker
• siektevry
Vertaling:
Engels: illness, sickness, disease, ailment
Nederlands: ziekte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|