senior [boodskap #129033] |
Fri, 03 January 2020 18:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
senior
Afbreking: se•ni•or
Selfstandige naamwoord: senior
Meervoud: seniors
Verkleinwoord: seniortjie
Meervoud van verkleining: seniortjies
Betekenis:
• Iemand wat in sy of haar laaste jare op skool of ander instelling is.
• 'n Ouer persoon.
Gebruik:
• Die seniors ontgroen die groentjies.
• Daar is baie seniors wat rolbal speel.
Antoniem:
• junior
Afkorting:
• sr.
Vertaling:
Engels: senior
Nederlands: senior
Byvoeglike naamwoord: senior
Attributief: senior
Betekenis:
• Ouer of met 'n hoër posisie en meer ervaring as ander mense.
Gebruik:
• Die senior burgers kry afslag op Dinsdae.
• Senior personeellede kry meer verlof as die res van die maatskappy.
Vertaling:
Engels: senior
Nederlands: senior
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|