Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seep
seep [boodskap #129026] Fri, 03 January 2020 12:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Dekoratiewe seep.
Dekoratiewe seep.
seep
Afbreking: seep
Uitspraak: /sɪəp/


Selfstandige naamwoord: seep
Meervoud: sepe
Verkleinwoord: sepie
Meervoud van verkleining: sepies

Betekenis:
• Stof waarmee gewas en skoongemaak word. 'n Poeier, jel of koekie met 'n ontvettende werking.
• (chemie) Verbinding van hoër vetsure met 'n alkali wat as reinigingsmiddel gebruik word.

Gebruik:
• Gee asseblief die seep aan.
• Vanaf die vroeë Middeleeue is seep as toiletware in Europese lande vir persoonlike higiëne gebruik.

Afgelei:
• badseep
• seepglad
• seeppoeier
• seepwater

Vertaling:
Engels: soap
Nederlands: zeep
Xhosa: isepha
Zoeloe: insipho


Werkwoord: seep
Verlede tyd: het geseep
Teenwoordige deelwoord: geseepte

Betekenis:
• Met seep smeer; inseep.

Gebruik:
• A nee a, seep dit behoorlik!
• Het het sy lyf deeglik geseep en geskrop.

Vertaling:
Engels: to soap
Nederlands: zepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sap
Volgende onderwerp: seer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:51:45 UTC 2024