Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sambreel
sambreel [boodskap #129022] Fri, 03 January 2020 11:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kleurvolle sambreel.
'n Kleurvolle sambreel.
sambreel
Afbreking: sam•breel
Uitspraak: /samˈbrɪəl/


Selfstandige naamwoord: sambreel
Meervoud: sambrele
Verkleinwoord: sambreeltjie
Meervoud van verkleining: sambreeltjies

Betekenis:
• 'n Opvoubare afdak teen reënwater of sonlig. 'n Skerm met 'n waterdigte stof oorgetrek om mense teen die reën en son te beskerm.

Gebruik:
• Met sulke donker wolke buite sou ek eerder 'n sambreel saamgeneem het.
• Op die strand speel die kinders in die son terwyl die ouer mense onder sambrele sit.

Spreekwoord:
• Hulle boer onder een sambreel. [Soos die een maak, so maak die ander.]

Afgelei:
• sonsambreel
• strandsambreel

Vertaling:
Engels: umbrella, parasol
Nederlands: paraplu, regenscherm, parasol

Nota:
• Van Portugees, "sombreiro".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sakgeld
Volgende onderwerp: sand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:42:48 UTC 2024