Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wegpen
wegpen [boodskap #129018] Vr, 03 Januarie 2020 10:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20800
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Krieket word gespeel.
Krieket word gespeel.
wegpen
Afbreking: weg•pen
Samestelling: weg + pen


Selfstandige naamwoord: wegpen
Meervoud: wegpenne
Verkleinwoord: wegpennetjie
Meervoud van verkleining: wegpennetjies

Betekenis:
• Die paaltjie wat die verste van die kolwer is in krieket.

Gebruik:
• Die kolwer kon nie glo dat die bouler se bal so baie ingeskiet en sy wegpen uit die grond geruk het nie.
• Elke organisasie kolf maar om sy eie wegpen te beskerm.

Antoniem:
• bypen

Verwant:
• middelpen

Vertaling:
Engels: off stump

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saggies
Volgende onderwerp: bypen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 09:52:05 MGT 2024