Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sag
sag [boodskap #129015] Fri, 03 January 2020 09:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
sag
Afbreking: sag
Uitspraak: /sɐχ/


Byvoeglike naamwoord: sag
Vergrotende trap: sagter
Oortreffende trap: sagste
Attributief: sagte
Partitief: sags
Intensief: doeksag, fluweelsag, murgsag, papsag, satynsag, troetelsag

Betekenis:
• Wat pap voel en maklik van vorm verander; wat saamgepers of gebuig kan word; mollig en nie te hard is nie.
• Nie luid/hard nie; klank met geringe volume wat amper nie gehoor kan word nie.
• Liefdevol en gaaf; sagaardig; teer.
• Gematig; aangenaam vir die sinne.

Gebruik:
• Pantoffels is sag en lig in vergelyking met ander skoene (soos klompe).
• Sy praat so sag dat mens haar nie kan hoor nie.
• Hy was 'n sagte mens. 'n Sagte antwoord laat die woede bedaar.
• Sy is sag op die oog. Die Kaap is bekend vir sy sagte klimaat.

Spreekwoord:
• Wie hom aan 'n ander spieël, spieël hom sag. ['n Mens word goedkoop lewenswys as jy uit 'n ander se ongeluk leer.]

Vergelyking:
• So sag soos satyn.

Antoniem:
• hard

Afgelei:
• sagtheid

Vertaling:
Engels: soft, gentle, smooth, mild
Nederlands: zacht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: safari
Volgende onderwerp: saggies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:21:43 UTC 2024