safari [boodskap #129014] |
Vr, 03 Januarie 2020 09:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20800 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
safari
Afbreking: sa•fa•ri
Selfstandige naamwoord: safari
Meervoud: safari's
Verkleinwoord: safari'tjie
Meervoud van verkleining: safari'tjies
Betekenis:
• 'n Begeleide ekspedisie in die wildernis; reis na 'n afgeleë gebied om die natuur te verken, te jag of foto's te neem.
Gebruik:
• Op safari het ons kameelperde, sebras, blesbokke en 'n trop leeus gesien.
Sinoniem:
• ekspedisie
• jaggeselskap
• ontdekkingsreis
• reisgeselskap
• trekgeselskap
Hiponiem:
• jagsafari
Afgelei:
• safarikamp
• safaripak
• safaririt
Vertaling:
Engels: safari
Nederlands: safari
Nota:
• Van Swahili, "lang reis". Uiteindelik weer van die Arabiese woord سفر (safar), wat "reis" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|