ruimte [boodskap #129003 ]
Thu, 02 January 2020 19:25
Leksikograaf
Boodskappe: 20807Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ruimtetuig in die ruimte.
ruimte
Afbreking: ruim•te
Selfstandige naamwoord: ruimte
Meervoud: ruimtes
Verkleinwoord: ruimtetjie
Meervoud van verkleining: ruimtetjies
Betekenis:
• 'n Plek wat oop en ruim is; 'n gaping, spasie of uitgestrektheid.
• Die spasie om die aarde waar ander planete en sterre voorkom; kosmos; heelal.
Gebruik:
• Is daar genoeg ruimte in die kamer vir 'n ekstra bed?
• Die vuurpyl word in die ruimte in gelanseer.
Hiponiem:
• bagasieruimte
• beenruimte
• beweegruimte
• binneruimte
• diepruimte
• hemelruimte
• kajuitruimte
• kantruimte
• kelderruimte
• koelruimte
• kopruimte
• laairuimte
• leefruimte
• lugruimte
• parkeerruimte
• skeepsruimte
• speelruimte
• sterreruim
• tussenruimte
• uitstalruimte
Afgelei:
• ruimte-aanval
• ruimte-eeu
• ruimte-eenheid
• ruimte-inhoud
• ruimte-nedersetting
• ruimteman
• ruimtepak
• ruimteskip
• ruimtetuig
• ruimtevaarder
• ruimtevaart
• ruimteverdeling
• ruimtevrees
• ruimtewandeling
• ruimtewese
Vertaling:
Engels: room, capacity; space
Nederlands: ruimte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.