| ruim [boodskap #129002] |
Do., 02 Januarie 2020 19:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ruim
Afbreking: ruim
Uitspraak: /rœi̯m/
Byvoeglike naamwoord: ruim
Vergrotende trap: ruimer
Oortreffende trap: ruimste
Attributief: ruim
Betekenis:
• Van groot omvang of uitgestrektheid.
Gebruik:
• Hy het 'n ruim donasie vir liefdadigheid geskenk.
Spreekwoord:
• Jy moet dit uit die weg ruim. [Verwyder; vernietig.]
Sinoniem:
• omvattend
• onbelemmerd
• uitgebreid
• uitgestrek
• wyd
Antoniem:
• eng
• klein
• knap
• nou
Afgelei:
• binneruim
• lugruim
• ruimhartig
• ruimheid
Vertaling:
Engels: large, wide, spacious, roomy, open; ample, generous
Nederlands: ruim
Selfstandige naamwoord: ruim
Meervoud: ruime
Betekenis:
• Plek in 'n skip waar die vrag gebêre word.
Gebruik:
• Die skeepshouers word in die skip se ruim gelaai.
Afgelei:
• skeepsruim
Vertaling:
Engels: cargo hold
Nederlands: ruim
Werkwoord: ruim
Verlede tyd: het geruim
Betekenis:
• Om iets leër, skoner of groter/ruimer te maak.
Gebruik:
• As die gat te nou is kan jy dit met 'n boor ruim.
Afgelei:
• opruim
• uitruim
• verruim
• wegruim
Vertaling:
Engels: to vacate
Nederlands: ruimen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|