Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruil
ruil [boodskap #129001] Do, 02 Januarie 2020 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20800
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Appels word geruil.
Appels word geruil.
ruil
Afbreking: ruil


Werkwoord: ruil
Verlede tyd: het geruil

Betekenis:
• Om iets vir iemand te gee en iets anders terug te kry.
• Om een ding met 'n ander te vervang.

Gebruik:
• Hulle ruil sitplekke.
• Hy ruil die kar se band.

Spreekwoord:
• As twee ruil, moet een huil. [By 'n ruiltransaksie trek een party altyd aan die kortste end.]

Sinoniem:
• wissel

Afgelei:
• inruil
• omruil
• ruilhandel
• uitruil
• verruil

Vertaling:
Engels: to exchange, barter
Nederlands: ruilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rugsak
Volgende onderwerp: ruim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 09:58:05 MGT 2024