Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rooster
rooster [boodskap #128987] Thu, 02 January 2020 07:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vleis word op 'n rooster gebraai.
Vleis word op 'n rooster gebraai.
rooster
Afbreking: roos•ter


Selfstandige naamwoord: rooster
Meervoud: roosters
Verkleinwoord: roostertjie
Meervoud van verkleining: roostertjies

Betekenis:
• 'n Traliewerk van metaal; struktuur van gekruisde stawe om o.a. vleis gaar te maak of lug in 'n kamer in te laat.
• Tabel met tye wanneer bepaalde aktiwiteite plaasvind; werksprogram.

Gebruik:
• Sy maak die braaier se rooster skoon.
• Volgens die rooster moet ons nou in die kunsklas wees.

Hiponiem:
• broodrooster
• skoolrooster
• vleisrooster
• wiprooster

Afgelei:
• roosterbrood
• roosterelement
• roosterhek
• roosterindeling
• roosterkoek
• roosterproses
• roostervormig
• roostervurk
• roosterwerk

Vertaling:
Engels: grill, gridiron, grate; timetable
Nederlands: rooster


Werkwoord: rooster
Verlede tyd: het gerooster

Betekenis:
• Kos op 'n rooster gaarmaak.

Gebruik:
• Hulle rooster 'n vleisie.

Vertaling:
Engels: to roast, grill, toast
Nederlands: roosteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: roos
Volgende onderwerp: rot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:39:48 UTC 2024