Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
roos
Afbreking: roos
Uitspraak: /rʊə̯s/
Selfstandige naamwoord: roos
Meervoud: rose
Verkleinwoord: rosie
Meervoud van verkleining: rosies
Betekenis:
• Meerjarige struik met dorings en mooi blomme van die genus Rosa in die familie Rosaceae.
• Die mooi blomme van die roosboom wat lekker ruik.
Gebruik:
• Sy plant 'n roos voor haar kamer se venster.
• Hy pluk vir haar 'n roos.
Spreekwoord:
• Die enigste roos tussen die dorings. ['n Meisie tussen mans.]
• Geen roos sonder dorings nie. [Alles het 'n minder aangename kant.]