Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rook
rook [boodskap #128984] Thu, 02 January 2020 06:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die rook van 'n bosbrand.
Die rook van 'n bosbrand.
rook
Afbreking: rook
Uitspraak: /rʊə̯k/


Selfstandige naamwoord: rook
Meervoud:
Verkleinwoord: rokie
Meervoud van verkleining:

Betekenis:
• Die wit of grys lug wat vanaf 'n vuur opstyg; mengsel van gasse, dampe en fyn deeltjies wat deur verbranding ontstaan.

Gebruik:
• Nat hout maak baie rook.

Spreekwoord:
• Geen rook sonder vuur nie. [Elke gerug het 'n kern van waarheid.]

Afgelei:
• roker
• rookkolom
• rookskerm
• rookwolk

Vertaling:
Engels: smoke
Nederlands: rook

'n Man wat rook.
'n Man wat rook.

Werkwoord: rook
Verlede tyd: het gerook
Teenwoordige deelwoord: rokende
Verlede deelwoord: gerookte

Betekenis:
• Rook afgee, soos wanneer 'n vuur rook in die lug in stuur.
• 'n Sigaret se rook inasem en uitblaas; tabak as genotmiddel nuttig.
• Rou vleis bewaar deur dit aan rook bloot te stel.

Gebruik:
• Die skoorsteen rook geweldig baie.
• Dit is teen die wet om in openbare geboue te rook.
• Hy rook vis in sy roker.

Spreekwoord:
• Hy kan nie die pyp rook nie. [Hy kan nie in die doel slaag nie.]
• Hoe rook daardie tabak vir jou? Wat het jy daarop te sê?]
• Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie. [Dit sal nie genoeg inbring om van te lewe nie.]

Vergelyking:
Rook soos 'n skoorsteen.

Vertaling:
Engels: to smoke.
Nederlands: roken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: yk
Volgende onderwerp: roomys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 05:53:55 UTC 2024